School Objectives

  1. Om onderwys van hoogstaande gehalte aan leerders te voorsien.  
  2. Om in die opvoedkundige behoeftes van ALLE leerders te voorsien sonder om op enige wyse te diskrimineer.  
  3. Om sover moontlik moedertaalonderrig te laat plaasvind binne die Taalbeleid van die skool.  
  4. Om behoudens die bepalings van artikel 7 van die Wet, godsdiensbeoefening by die skool op n billike wyse te laat geskied en om die bywoning daarvan deur leerders en personeellede op n vrywillige basis te laat geskied.  
  5. Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle bates van die skool, slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalinge van artikel 37 van die Wet, en om dienste sowel as die infrastruktuur daar te stel uit hierdie fondse in belang van alle leerders en die onderwys as sulks.  
  6. Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan nakom.  
  7. Om die breë gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat hulle as gebalanseerde volwassenes hul plek in die samelewing kan inneem.  
  8. Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om professioneel te groei, werksbevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer.   
  9. Om n gebalanseerde bydrae te lewer tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen, maar in besonder om sport - en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van alle leerders in die skool.