School Uniform

SEUNS  

Skooldrag  

  • Broek : Grys skool kortbroek vir die somer en n  langbroek gedurende die winter 
  • Hemp : Wit kortmou skoolhemp vir die somer en vir die winter „n wit langmou skoolhemp met n skooldas.     
  • Kouse : Lang grys skoolkouse.     
  • Skoene: Swart leer. Oorwegend wit tekkies met wit veters en wit sokkies is toelaatbaar by sweetpak. 
  • Sweetpak: Sweetpak mag gedra word vanaf Maandag tot Donderdag tesame met wit tekkies en - sokkies en n sporthempie.  

Sportdrag  

Atletiek : Donkerblou LO-broekie, donkerblou hempie met donkergroen kraag en mouboordjies en skoolembleem (Akkedissie) op bors. Atletiekfrokkie is beskikbaar by klerebank vir atlete wat verder as die kleurebyeenkoms vorder.  

  • L.O. : Donkerblou LO-broekie en donkerblou hempie met moue.       
  • Rugby : Donkerblou LO-broekie en rugbytrui vir wedstryde. Vir oefeninge, soos hierbo of n wit T-hemp as rugbytrui vuil is. n Oefentrui is ook aanvaarbaar. Rugbytruie word voorsien vir wedstryde deur die skool.          
  • Krieket : Donkerblou broekie, LO-hempie en spesiale krieketkouse vir wedstryde. Vir oefeninge L.O.-drag of  wit T-hemp indien sporthemp vuil is. 

 

DOGTERS  

Skooldrag  

  • Skoolrok :  Lengte nie meer as 10cm bo die knie in n knielende posisie nie. 
  • Hemp : Wit kortmou skoolhemp vir somer en gedurende die winter n wit langmou skoolhemp met die amptelike skooldas.  
  • Kouse : Lang donkerblou kouse in die winter en kort blou skoolsokkies in die somer.  
  • Skoene :  Swart leerskoene - toeryg (sool mag nie hoër as 2cm wees nie). 
  • Onderklere:  Meisies moet n donkerblou of swart vol skoolbroekie dra. 
  • Sweetpak: Sweetpak mag gedra word vanaf Maandag tot Donderdag tesame met wit tekkies en - sokkies en n sporthempie.   

Sportdrag

  • Atletiek : Donkerblou LO-broekie, donkerblou hempie met donkergroen kraag met mouboordjie en skoolembleem              (Akkedissie) op die bors.  
  • L.O. : Donkerblou LO-broekie of hokkierompie (soos vir sport) en blou hempie met moue of atletiekfrokkie.
  • Netbal: Vir oefeninge L.O.-drag indien klere in was is, mag as n uitsondering n wit T-hemp gedra word. Vir wedstryde moet n netbalrompie (ook vir die wat nog het n donkerblou Broekrompie) en donkerblou L.O. hempie gedra word).  
  • Tennis :  Spanne speel in hul donkberblou broekie (seuns) of donkerblou rompie (dogters) en donkerblou hempie Tydens oefeninge kan L.O. klere gedra word of enige wit klere. 

 

  1. Vir alle sportsoorte behalwe atletiek en rugby word oorwegend wit sportskoene gedra. 
  2. Indien ons op n bus klim vir „n wedstryd of by tuiswedstryde word slegs skoolsweetpakke gedra. 
  3. Geen "ski-pants" word toegelaat by L.O.-oefeninge of wedstryde nie - slegs indien daar n mediese rede voor is  

BAADJIES: Reënbaadjies (“windbreakers”) mag net tot by die skool gedra word en op n baie koue dae ook in die klas mits die amptelike skooltrui onderaan getrek is. Tydens enige saalbyeenkoms word slegs die amptelike skooldrag toegelaat.  

ALGEMEEN  Geen armbande behalwe "Medic Alert" mag gedra word nie. Slegs "studs" en "sleeper"- oorringe mag gedra word.  Geen lapelwapens of borsspelde behalwe die vishoekie (slegs vanaf Goeie Vrydag tot Hemelvaart) mag gedra word nie. Geen hare mag gekleur word nie.  

SWEETPAK :  (IN WINTER) Volle sweetpak met sporthemp, wit sokkies en oorwegend wit tekkies, kan vanaf Maandae tot Donderdae tydens die winter gedra word. Op warm dae mag sweetpaktop tydens skoolure uitgetrek word.    
TRUI : n Donkerblou skooltrui met witstrepies by die V-gedeelte mag saam met lang-of kortbroek gedra word - nie toelaatbaar saam met sweetpakbroek i.p.v. n top nie. Mag onder sweetpaktop op n koue dag gedra word mits die sweetpak toegerits is.      

HARE  

Meisies  
Kuif :
  Moet bokant die wenkbroue wees.
Hare :   As hare aan kraag raak, moet dit vasgemaak word. Hare mag nie gekleur word nie.
Versierings :  Linte, bolletjies, "scrunchies" en haarbande (nie breër as 3cm) moet wit of n skakering van donkerblou wees. Geen ander knippies, haarkamme of versierings mag in die hare gedra word nie. Hare wat in die oë hang, moet met knippies of n haarband vasgemaak word.    

Seuns  
Kuif : Mag nie aan wenkbkroue raak nie.  
Hare :  Mag nie aan kraag of ore raak nie.