Die skoolwapen

 

Die agtergrond is die DE VILLIERS-wapen.  

Omdat die skool die stamnaam dra van die familie, het hy die reg om die familiewapen te gebruik.  

Die De Villiers-wapen is een van die oudste familiewapens en dateer tot in die verre verlede.  

Die wapen is aan die DE VILLIERS familie toegeken omdat een van die voorouers aan die kruistogte deelgeneem het en hy vir n tydperk in die 11de eeu koning van Jerusalem was.  Hy was Amaeri...
uitgespreek as Amoorie.  

Die familie kry die reg van die konings van Frankryk om die (Paaslam) asook die kruistogvaandel op die wapen aan te bring.  

Gewoonlik kom die kroon op n wapen op die helm.  

Die kroon in die regterhoek is die teken dat dit n koninklike reg was om die wapen te dra.  Dit is die simbool van die feit dat Amaeri n koning was van Jerusalem.  

Dit is die enigste skoolwapen in die land wat daadwerklike verwysing na die kruistogte dra.  

Blou en Silwer (Wit) slegs heraldiese kleure
Leuse : Kom uit n Ode van Horatius
DOCTRINA VIM PROMOVET INSITAM
(Geleerdheid ontwikkel die sluimerende geesteskragte)