Code of Conduct for Learners

Doel:

  • Om riglyne daar te stel vir die dissiplinering van leerders
  • Om konsekwentheid tydens dissiplinering aan die hand te werk
  • Om opvoeders te ondersteun in die uitvoering van hul taak
  • Om 'n oop kanaal met ouers te vestig
  • Om eenvoudige rekordhouding aan die hand te werk
  • Om leerders te lei tot selfdissipline 

Beginsel:  

Die klem val ten alle tye op motivering en positiwiteit en nie op foutsoek en rede soek tot dissiplinering nie. 

Verantwoordelikheid:  

Die motivering en dissiplinering van leerders berus by alle ouers en opvoeders van die Laerskool De Villiers Graaff.  Ernstige gevalle word na die Beheerliggaam verwys.

DIE GEDRAG VAN DIE LEERDER TEENOOR:

("Hy" verwys na leerders van beide geslagte)

LEERDERS

  • Hy moet ander leerders se regte tot 'n behoorlike opvoeding respekteer en op geen manier inbreuk maak daarop nie. 
  • Hy moet ander leerders se privaatheid en reg op menswaardige hantering respekteer. 
  • Hy behoort sy mede-leerder aan te moedig om te streef na die bereiking van sy volle potensiaal.    
  • Hy mag 'n mede-leerder nie dwing of deur sy eie voorbeeld 'n mede-leerder daartoe lei om afbreuk te doen aan die norme en waardes waaraan so 'n leerder gewoond is nie.    
  • Hy mag ander leerders se eiendom nie met opset beskadig of steel nie.   
  • Hy mag geen ander leerder fisies of geestelik aanrand nie.
  • Sy taalgebruik teenoor sy mede-leerders moet getuig van sy respek teenoor hom. 
  • Sy optrede mag op geen manier die veiligheid van 'n mede- leerder bedreig nie.

OPVOEDERS 

  • Hy moet die opvoeder toelaat om sonder steurnis as fasiliteerder binne die opvoedingsituasie op te tree. 
  • Hy mag nie deur sy negatiewe optrede die opvoeder se aandag voortdurend op hom laat fokus ten koste van sy mede-leerders nie. 
  • Sy woordgebruik en houding moet van respek getuig vir die opvoeder as volwassene en opvoeder. 

SKOOL

  • Hy moet ten alle tye streef na n optrede wat 'n getuigskrif vir die skool se goeie opvoeding is. 
  • Sy optrede binne en buite die skoolterrein, by sport of ander geleenthede, mag die beeld van die skool geen skade berokken nie.
  • Die eiendom van die skool moet met respek hanteer, beskerm en selfs onderhou word.  
  • Hy moet die korrekte skool - en sportdrag asook 'n netjiese, aanvaarbare haarstyl dra wat bydra tot die skool se trots en eenheidsgevoel. 
  • Hy moet sorg dat, indien hy afwesig is of nie 'n sportoefening/wedstryd kan bywoon nie, die klasopvoeder of sportafrigter daarvan in kennis gestel word.  
  • Hy het die verantwoordelikheid om te leer en sy volle potensiaal op alle gebiede te ontwikkel. 

GEMEENSKAP 

  • Hy moet aanvaar dat die skool waar hy 'n ingeskrewe leerder is, 'n bepaalde gemeenskap dien.  Daarom moet hy die waardes, norme en gebruike binne die bepaalde gemeenskap aanvaar, respekteer en streef om daarvolgens op te tree.